Boetie Gaan Huis Toe

IMG_0795.JPG

8 jaar siek …

Ek vlieg more-oggend van Algoabaai na Tafelbaai; van Port Elizabeth na Kaapstad. Ek is opgewonde, want ek is op pad na Die Strand toe.

Net ‘n uur se vlug en dan is ek by die huis!

Ja, Boetie gaan huis toe vir twee weke!

As daardie Boeing sy vlerke so draai oor die Hottentots-Holland Berge en die Helderberg verskyn op die regterhand met Valsbaai en Tafelberg op die linkerhand, dan is Die Strand, Gordonsbaai en Somerset-Wes direk onder my.

Dan is ek by die huis en dan pik ek, oudergewoonte, ‘n traantjie weg.

Ek sal julle op hoogte van sake hou …